Programma 1999
'Moenie vrees nie'

o.l.v. Pieter Kole

Vier traditionele Zuidafrikaanse liederen, gearrangeerd door Mzilikazi Khumalo, Joseph Langa en J.S. Khosa.

Sangena (welkomstlied)
Umahlalela (lied over een luie man)
Mintirho Ya Vulavula (loflied op werken)
Sizongena Laph'emzini (een bruiloftslied)

Gedichten van Mathews Phosa op muziek gezet door GAMMA Composers Group

TalIe tonge - Hildegard Sarrazin
Wie is ek - Bert Heikema
My registrasienommer - Hans Kaldeway
Deur die oog van 'n naald - Wobbe van der Meulen
Intermezzo - Tole Emmelot
Voor 'n onbekende more - Tole Emmelot
Moenie vrees nie - Bert Heikema
Nou bid ek - Hans Kaldeway

Uitgevoerd door:

Koor 4 Mei-Projekt en ensemble stichting GAMMA

 

Concertdata

24 april, Winsum Ons Centrum,
20.30 uur 4 mei, Groningen Oosterpoort, 21.00 uur
9 mei, Amsterdam Posthoornkerk, 16.00 uur
28 mei, Emmen De Giraf, 20.00 uur

Expositie

Daarnaast zijn korte a-capella uitvoeringen gegeven bij de opening van de expositie van Carl Niehaus, ambassadeur van Zuid-Afrika, en zijn vrouw Jansie Niehaus. Deze vonden plaats op 23 april in Groningen in de Openbare Bibliotheek, en op 28 mei in de Giraf in Emmen, voorafgaand aan het concert.

De expositie is een initiatief van het 4 Mei-Projekt, en tot stand gekomen in samenwerking met de stichting Kopano. Het is een tentoonstelling van " tekeningen en schilderijen gemaakt in gevangenschap" van Jansie en Carl Niehaus.

Voorwoord bij het Programma 'Moenie vrees nie', door Carl Niehaus, Ambassadeur van Zuid-Afrika

Oor die jare heen is die verbondenheid van vele Nederlanders met die mense van Suid-Afrika op 'n wye verskeidenheid van wyses weergegee. Dit was veral in die periode van die anti-apartheidstryd wat hierdie betrokkenheid 'n hoogtepunt bereik het en wat dit ook uiting gevind het in kuns en musiek. Natuurlik was die politieke en anti-rassistiese boodskap voorop gestel, maar in vele gevalle was die betrokkenheid en meelewing by die diversiteit van kulture en kunsuitinge van Suid-Afrika van 'n verbasende hoë gehalte.

Daar was die skeptici wat gereken het dat met die oorwinning van demokrasie oor apartheid in Suid-Afrika hierdie betrokkenheid van Nederland by Suid-Afrika sou wegval. Gelukkig het dit nie gebeur nie. Die besondere warm ontvangs wat President Nelson Mandela weer onlangs tydens sy Staatsbesoek aan Nederland tebeurt geval het, het net weereens bewys dat die betrokkenheid tussen ons twee lande buitengewoon sterk bly.

Ook op kulturele terrein is dit nog steeds die geval. Die pragtige aanbieding van 'Moenie vrees nie', met gedigte van Mathews Phosa wat musikaal verwerk is deur die 'Gamma Composers Group', is 'n goeie voorbeeld hiervan. Die sanggroep 'Het 4 Mei-Projekt' is bekend vir hul betrokke en innoverende werk en tesame met die aangrypende boodskap van die gedigte van Mathews Phosa beloof dit om 'n onvergeetlike gebeurtenis te wees.

Mathews Phosa is een van die bekendste anti-apartheid stryders van Suid-Afrika. As jong man is hy deur die Suid-Afrikaanse veiligheidspolisie aangehou vir sy verset teen apartheid, uiteindelik moes hy die land uitvlug en was hy balling vir 'n hele aantal jare. rog het hierdie gebeure hom nie verbitterd gelaat nie. Soos President Nelson Mandela dra hy die boodskap van versoening uit.

In Mathews se geval skryf hy dan ook gedigte oor versoening in Afrikaans, die taal van vele van diegene wat hom en sy mense soveel onreg aangedoen het. Juis in Afrikaans klink sy boodskap nog aangrypender -ook aan die vorige ondrukker: 'Moenie vrees nie', kom ons bou nou almal saam aan 'n nuwe land.

Hierdie boodskap word verder versterk deur die uitvoering van vier tradisionele Suid-Afrikaanse liedere waarvoor die musiek geskryf is deur Professor Mzilikazi Khumalo, die komponis wat die huidige Suid-Afrikaanse Volkslied uit twee bestaande komposisies saamgestel het, en Joseph Langa.

Dit is my voorreg om u uit te nooi om tydens hierdie besondere uitvoering u verbondenheid met Suid-Afrika nog verder te verdiep.

Carl Niehaus